T:Willem Wilmink
TSA: D. Hugo
M:Herman van Veen




Meneer Ex
jaar: 1997

Wanneer 'n liefde jou verlaat
is jy die pad 'n tydlank kwyt
en daarna loop dit uit op haat
of growwe onverskilligheid.
So gaan dit met ons al die tyd,
buiten met een, die man wat
hom aan al's herinner sonder spyt:
hy het 'n ex in elke stad.

Vir die een dra hy met sagte stem
so graag 'n vers voor van Villon,
'n ander het 'n kind van hom
vir wie hy lief is soos die son.
Die oues is ook glad nie kwaad
as hy opnuut 'n nuwe vat:
hy het 'n doel op elk' perron,
hy het 'n ex in elke stad.

Hy sterf. In erg verwaande rou
staan al die ex'e by sy graf
en ieder dink: ek was diť vrou,
diť vir wie hy die liefste was.
Hul stap saam in die paadjie af
en daar op die geseŽnde pad
kom skielik argumente los.
Toe gaan elk na haar eie stad.

Maar aan die einde van die laan
bly daar so uitgevat een staan:
na wie sou sy vandag wil gaan?
Sy het 'n ex in elke stad.



verschenen op:

'n Teer Gevoel (1997)


design © Chris Janssen